Tzaneen Leersentrum se klein klasse verseker individuele aandag aan leerders in beide Afrikaans en Engels. Ons het gekwalifiseerde onderwysers met 'n unike uitkyk op onderwys en 'n ware passie en liefde vir kinders. Ons is 'n groeiende skool waar leerders nie net n nommer is nie maar wel die beste uit elkeen bring en hul motiveer om na hoër hoogtes te streef.
Ons open om 06:45 soggens tot 17:00 smiddae van Maandag to Vrydag vir ouers wie vroeë oggende en laat middae werk. Skoolure is vanaf 08:00 tot 13:00 Maandae tot Vrydae.
CAPS-Kurrikulum deur Impaq Homeschooling
Die CAPS-kurrikulum wat ons gebruik word deur Impaq Homeschooling verskaf. Ons bied klasse aan vir leerders vanaf Graad RR tot Graad 12. Alle leerders moet by Impaq direk deur ouers geregistreer word, waarna, waarna leerders dan met ons sentrum verbind word.
Om deur Impaq Online School te registreer, kliek hier.
Remediërende Klasse
Ons bied 'n remediërende klas aan waar daar gefokus word op dit waarmee elke individuele leerder sukkel.