Privaatskool in Tzaneen | Private School in Tzaneen

[javascript protected email address]
+27 (0)71 896 8609
Wie is Ons
Webb, Marshelle
Skoolhoof
My naam is Marshelle. Ek is jonk, vol lewe en reg vir n uitdaging. Ek het my BEd-graad in 2020 deur UNISA voltooi en het sewe jaar onderwys-ervaring.

Ek het my loopbaan in 2016 by Laerskool Roodekrans afgeskop waarna ek vir vier jaar by Laerskool Tzaneen betrokke was.

Ek glo absoluut dat onderwysers diep spore in n kind se hart trap, maar so ook het elke kind sy eie onvervangbare plekkie in ons juffrou-harte. Die beste onderwys gebeur as mens van kurrikulum vergeet en die kind leer.
Ponter, Kristie
Onderwyser
Ek is tans besig met my derde jaar om met STADIO te studeer vir my B ed in Grondslagfase Onderwys. Ek het vir 'n jaar as 'n aupair gewerk en was vir twee jaar 'n juffrou by Rustie Kidz Kleurskool.

Ek kan drie tale praat, namens Engels, Afrikaans en Duits. Ek geniet lees, skilder, kook en om buite te wees. Ek is baie liefdevol en respekvol en hou daarvan om met mense te werk, veral kinders.
Keyser, Junita
Naskoolonderwyser
Ek het 'n baie groot passie vir kinders. Om 'n verskil te maak in elke kind se lewe is waarna ek streef, nie net akademies nie, maar ook in selfbeeld en op sosiale vlak. In 2015, het deur Collage SA gestudeer vir my Child Day Care Diploma. Het as hoërskoolkind baie uitgehelp by Tamatieland Kleuterskool in Mooketsi en in 2015 - 2016 by n kleuterskool in Tzaneen gewerk en ook op 'n stadium 'n vakansie skool geopen.

Om kinders in moeilike omstandighede te help is n passie en 'n gawe. Elke kind is spesiaal en het hulle eie persoonlikheid. Ek voel sterk dat 'n onderwyser na 'n kind se vlak moet daal en elke kind hul nodige aandag gee om hul te leer, en nie andersom nie.